Ons storie
Vlieg Hoog, Koningskind
Vlieg Hoog dra 'n eenvoudige, betekenisvolle boodskap: Vlieg Hoog, Koningskind. Dit is 'n herinnering aan wie jy is — iemand met waardigheid, roeping en vlerke.
Ons klere is meer as stof en drukwerk. Elke stuk is ontwerp om daardie boodskap tasbaar te maak: wanneer jy dit dra, dra jy 'n belofte. En wanneer jy dit vir iemand anders gee, gee jy hoop.
Dra dit. Leef dit. Gee hoop.
Ons is 'n trots Suid-Afrikaanse klein besigheid. Elke bestelling word met sorg verpak en landswyd afgelewer.
'n Groet wat 'n handelsmerk geword het.
Jacques Arendt gebruik "Vlieg Hoog, Koningskind" sedert 2000 as sy afskeidsgroet aan radioluisteraars — van Bay FM en Algoa FM tot Perron FM en vandag RSG.
Wat as 'n eenvoudige groet begin het, het oor die jare 'n boodskap van hoop, identiteit en aanmoediging geword.

